BibleClub - Matthéüs - 27
 You are in BibleClub South Africa Change
Down
If you are not a member a subscription is just R1.50/day and you can cancel at any time. You must be 12 years or older and have the bill payer's permission.
51 En kyk, die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur, van bo tot onder, en die aarde het gebewe en die rotse het geskeur; Discuss
52 en die grafte het oopgegaan en baie liggame van die ontslape heiliges het opgestaan. Discuss
53 En ná sy opstanding het hulle uit die grafte uitgegaan en in die heilige stad ingekom en aan baie verskyn. Discuss
54 En toe die hoofman oor honderd en die wat saam met hom Jesus bewaak het, die aardbewing sien en die dinge wat daar gebeur, het hulle baie bevrees geword en gesê: Waarlik, Hy was die Seun van God. Discuss
55 En daar was baie vroue wat dit van ver af aanskou het, wat vir Jesus van Galiléa af gevolg en Hom gedien het. Discuss
56 Onder hulle was daar Maria Magdaléna en Maria, die moeder van Jakobus en Joses, en die moeder van die seuns van Sebedéüs. Discuss
57 En toe dit aand geword het, het daar 'n ryk man van Arimathéa gekom met die naam van Josef, wat self ook 'n dissipel van Jesus was. Discuss
58 Hy het na Pilatus gegaan en die liggaam van Jesus gevra. Toe beveel Pilatus dat die liggaam afgegee moes word. Discuss
59 En Josef het die liggaam geneem en dit met skoon linne toegedraai Discuss
60 en dit in sy nuwe graf gelê wat hy in die rots uitgekap het; en nadat hy 'n groot steen teen die opening van die graf gerol het, het hy weggegaan. Discuss
If you are not a member a subscription is just R1.50/day and you can cancel at any time. You must be 12 years or older and have the bill payer's permission.

AFR 1953-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika
Previous
Next
Home
Back
TopBottom