BibleClub - Matthéüs - 27
You are in BibleClub
South Africa
Change
Down
If you are not a member a subscription is just R1.50/day and you can cancel at any time. You must be 12 years or older and have the bill payer's permission.
31 En nadat hulle Hom bespot het, trek hulle Hom die mantel uit en trek Hom sy klere aan en lei Hom weg om gekruisig te word.
Discuss
32 En toe hulle uitgaan, kry hulle 'n man van Ciréne, met die naam van Simon; hom het hulle gedwing om sy kruis te dra.
Discuss
33 En hulle het gekom op 'n plek wat Gólgota genoem word--dit beteken: Plek van die Hoofskedel--
Discuss
34 en vir Hom asyn, met gal gemeng, gegee om te drink; en toe Hy dit proe, wou Hy nie drink nie.
Discuss
35 En nadat hulle Hom gekruisig het, het hulle sy klere verdeel deur die lot te werp, sodat vervul sou word wat deur die profeet gespreek is: Hulle het my klere onder mekaar verdeel en oor my gewaad die lot gewerp.
Discuss
36 En hulle het gaan sit en Hom daar bewaak.
Discuss
37 En bokant sy hoof het hulle sy beskuldiging in skrif opgestel: DIT IS JESUS, DIE KONING VAN DIE JODE.
Discuss
38 Toe word daar saam met Hom twee rowers gekruisig, een aan die regter-- en een aan die linkerkant.
Discuss
39 En die verbygangers het Hom gesmaad terwyl hulle hul hoofde skud
Discuss
40 en sê: U wat die tempel afbreek en in drie dae opbou, red Uself! As U die Seun van God is, kom af van die kruis!
Discuss
If you are not a member a subscription is just R1.50/day and you can cancel at any time. You must be 12 years or older and have the bill payer's permission.
AFR 1953-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika
Previous
Next
Home
Back
Top
Bottom
09 Jun 2026 17:51 © BibleClub 2026