BibleClub - Matthéüs - 27
You are in BibleClub
South Africa
Change
Down
If you are not a member a subscription is just R1.50/day and you can cancel at any time. You must be 12 years or older and have the bill payer's permission.
21 Toe antwoord die goewerneur en sê vir hulle: Wie van die twee wil julle hê moet ek vir julle loslaat? En hulle antwoord: Barábbas!
Discuss
22 Pilatus sê vir hulle: Wat moet ek dan doen met Jesus wat genoem word Christus? Hulle sê almal vir hom: Laat Hom gekruisig word!
Discuss
23 En die goewerneur sê: Watter kwaad het Hy dan gedoen? Maar hulle skreeu nog harder en sê: Laat Hom gekruisig word!
Discuss
24 En toe Pilatus sien dat niks help nie, maar dat daar eerder 'n oproer kom, het hy water geneem en sy hande voor die skare gewas en gesê: Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie regverdige man; julle kan toesien!
Discuss
25 En die hele volk antwoord en sê: Laat sy bloed op ons en op ons kinders kom!
Discuss
26 Toe laat hy vir hulle Barábbas los, maar Jesus het hy laat gésel en oorgelewer om gekruisig te word.
Discuss
27 Daarop neem die soldate van die goewerneur Jesus met hulle saam in die goewerneur se paleis en bring die hele leërafdeling teen Hom bymekaar.
Discuss
28 Toe trek hulle sy klere uit en werp 'n rooi mantel om Hom;
Discuss
29 en hulle vleg 'n kroon van dorings en sit dit op sy hoof, en 'n riet in sy regterhand; en hulle val op hul knieë voor Hom en bespot Hom en sê: Wees gegroet, Koning van die Jode!
Discuss
30 En hulle spuug op Hom en neem die riet en slaan Hom op sy hoof.
Discuss
If you are not a member a subscription is just R1.50/day and you can cancel at any time. You must be 12 years or older and have the bill payer's permission.
AFR 1953-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika
Previous
Next
Home
Back
Top
Bottom
09 Jun 2026 16:32 © BibleClub 2026