BibleClub - Matthéüs - 27
You are in BibleClub
South Africa
Change
Down
If you are not a member a subscription is just R1.50/day and you can cancel at any time. You must be 12 years or older and have the bill payer's permission.
11 En Jesus het voor die goewerneur gestaan, en die goewerneur het Hom die vraag gestel en gesê: Is U die Koning van die Jode? En Jesus antwoord hom: U sê dit.
Discuss
12 En terwyl Hy deur die owerpriesters en die ouderlinge beskuldig word, het Hy niks geantwoord nie.
Discuss
13 Toe sê Pilatus vir Hom: Hoor U nie hoe baie dinge hulle teen U getuig nie?
Discuss
14 En Hy het hom op geen enkele woord geantwoord nie, sodat die goewerneur hom baie verwonder het.
Discuss
15 En op die fees was die goewerneur gewoond om een gevangene, die een wat hulle wou hê, vir die skare los te laat.
Discuss
16 En in daardie tyd het hulle 'n berugte gevangene gehad met die naam van Barábbas.
Discuss
17 Nadat hulle dan byeengekom het, sê Pilatus vir hulle: Wie wil julle hê moet ek vir julle loslaat: Barábbas, of Jesus wat genoem word Christus?
Discuss
18 Want hy het geweet dat hulle Hom uit nydigheid oorgelewer het.
Discuss
19 En terwyl hy op die regbank sit, het sy vrou na hom gestuur en gesê: Moet tog niks te doen hê met dié regverdige man nie, want ek het vandag in 'n droom baie gely om sy ontwil.
Discuss
20 Maar die owerpriesters en die ouderlinge het die skare oorgehaal dat hulle Barábbas moes begeer en Jesus ombring.
Discuss
If you are not a member a subscription is just R1.50/day and you can cancel at any time. You must be 12 years or older and have the bill payer's permission.
AFR 1953-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika
Previous
Next
Home
Back
Top
Bottom
09 Jun 2026 15:19 © BibleClub 2026