BibleClub - Matthéüs - 27
You are in BibleClub
South Africa
Change
Down
If you are not a member a subscription is just R1.50/day and you can cancel at any time. You must be 12 years or older and have the bill payer's permission.
1 En toe dit dag geword het, het al die owerpriesters en die ouderlinge van die volk saam raad gehou teen Jesus om Hom dood te maak.
Discuss
2 En hulle het Hom geboei en weggelei en Hom oorgelewer aan Pontius Pilatus, die goewerneur.
Discuss
3 Daarna het Judas, sy verraaier, toe hy sien dat Hy veroordeel was, berou gekry en die dertig silwerstukke teruggebring na die owerpriesters en die ouderlinge
Discuss
4 en gesê: Ek het gesondig deur onskuldige bloed te verraai. Maar hulle sê: Wat gaan dit ons aan? Jy kan toesien!
Discuss
5 En hy het die silwerstukke in die tempel neergegooi en weggeloop en homself gaan ophang.
Discuss
6 En die owerpriesters het die silwerstukke geneem en gesê: Dit is nie geoorloof om dit in die skatkis te stort nie, omdat dit bloedgeld is.
Discuss
7 En nadat hulle saam raad gehou het, het hulle die stuk grond van die pottebakker daarmee gekoop as 'n begraafplaas vir vreemdelinge.
Discuss
8 Daarom is dié stuk grond genoem Bloedgrond, tot vandag toe.
Discuss
9 Toe is vervul wat gespreek is deur Jeremia, die profeet, toe hy gesê het: En hulle het die dertig silwerstukke geneem, die prys van die gewaardeerde wat hulle gewaardeer het vanweë die kinders van Israel;
Discuss
10 en hulle het dit gegee vir die grond van die pottebakker, soos die Here my beveel het.
Discuss
If you are not a member a subscription is just R1.50/day and you can cancel at any time. You must be 12 years or older and have the bill payer's permission.
AFR 1953-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika
Next
Home
Back
Top
Bottom
09 Jun 2026 16:39 © BibleClub 2026